Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS SONDAG 31 Maart 2013

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika. Die SARL saai elke Sondag om 08:15 SAT 'n nuusbulletin in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uit. Vir oudio gaan na www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio Today' en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio deur Echolink, koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 7,066 en 3,695 MHz ESB. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)

IN DIE NUUS VANDAG:

SARL NASIONALE KONVENSIE BLY IN DIE NUUS

SA AMSAT-RUIMTESIMPOSIUM BIED INTERESSANTE ONDERWERPE AAN

FREKWENSIEVERANDERINGS VIR “AMATEUR RADIO TODAY”

NUWE KOPTELEFOON SKANDEER JOU BREIN EN SPEEL DIE MUSIEK WAT JY WIL HOOR

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante items.

SARL NASIONALE KONVENSIE BLY IN DIE NUUS

Oorsese amateurradiodienste rapporteer oor die SARL se Nasionale Konvensie wat op 26 en 27 April in die Wes-Rand sal plaasvind. Hierdie jaar kan u meer leer oor astronomie tydens die verwelkomingsgebeurtenis by die Wes-Rand se amateurradioklubhuis. By die jaarlikse dinee op Saterdagaand, 27 April, is die gasspreker Anthony Turton, wat die verhaal vertel van hoe amateurradio die dag in Mosambiek gered het en die land op die pad na welvaart geneem het.

Tyd raak min vir die bespreking van u bywoning. Kry besonderhede vanaf www.sarl.org.za en laai die besprekingsvorm af. Plekke vir die SANSA Hartbeeshoekbesoek word vinnig bespreek. Slegs 45 besoekers kan geakkommodeer word.

Bywoning by die AJV is gratis, maar u word nog steeds versoek om die registrasievorm te voltooi en dit so gou as moontlik aan te stuur. Dit word benodig vir spysenieringdoeleindes en om te verseker dat die plek ingerig word vir u gerief.

Die volledige stel van AJV-dokumente, insluitende die agenda, mosies, finansiële state en notules van verlede jaar se AJV is beskikbaar vir aflaai vanaf die slegs vir lede se deel van die SARL se webtuiste.

Gaan na www.sarl.org.za en klik op ‘members only’ wat gevind kan word bo aan die regterkant van die tuisblad. Gebruik jou PIN en volg die skakels.

Indien u nie in staat is om die algemene jaarvergadering by te woon nie, gee u volmag aan 'n lid wat dit wel sal bywoon. Die volmagvorm is ook in die slegs vir lede deel van die web beskikbaar.

SA AMSAT-RUIMTESIMPOSIUM BIED INTERESSANTE ONDERWERPE AAN

Die simposium sal in die “Innovation Hub” in Pretoria op Saterdag 18 Mei 2013 gehou word. Sommige van die onderwerpe op die agenda sluit in 'n volledige verslag oor die SA AMSAT Kletskous CubeSat, hoe dit, nadat dit gelanseer is, partikeluitstraling in die Suid-Atlantiese Oseaan sal bestudeer, asook die konstruksie van ‘n 14 MHz ontvanger om seineienskappe van die ZACUBE 1 en Innoverende Oplossings in die Ruimte deur ISIS te meet.

Die volledige program en registrasievorms sal binnekort beskikbaar wees. Luister volgende Sondag na SARLNUUS vir volledige besonderhede of besoek www.amasatsa.org.za teen die einde van die week.

FREKWENSIEVERANDERINGS VIR “AMATEUR RADIO TODAY”

Vandag verander van die frekwensies waarop “Amateur Radio Today” uitgesaai word. Hier is die volledige HF uitsaaiskedule:

Sondae 10:00 11:00 plaaslike tyd vir Suider-Afrika sal die frekwensie 7 025 kHz dieselfde bly, maar vir Oos- en Sentraal-Afrika se luisteraars sal die frekwensie verander na 17 570 kHz. Vir ons luisteraars buite Suid-Afrika verander plaaslike tyd na 08:00 - 09:00 UTC. Die program word op Maandae 16:30 UTC, 18:30 plaaslike tyd, in Suid-Afrika herhaal op 'n nuwe frekwensie van 3 230 kHz. Vir verdere inligting oor podcasts en ander herleidings en heruitsendings besoek www.sarl.org.za en kies “Amateur Radio Today” op die spyskaart.

Programme in hoë of lae resolusie kan ook van die webtuiste afgelaai word vir uitsendings op plaaslike herhalers, of vir eie luistergenot.

Ontvangsverslae, kommentaar en voorstelle is altyd welkom. Stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za.

OPKOMENDE TEGNOLOGIE: NUWE KOPTELEFOON SKANDEER JOU BREIN EN SPEEL DIE MUSIEK WAT JY WIL HOOR

Hierdie week het Newsline, ‘n berig oor 'n nuwe wetenskaplike kommunikasiedeurbraak soos gerapporteer deur Discovery News. Dit vertel dat die taak van die opstel van 'n perfekte speellys vir jou slimfoon of ander private luistertoestel nou baie makliker geword het, te danke aan 'n nuwe breingolfskanderingtoestel, genoem die Mico koptelefoon.

Mico koptelefoon is 'n ontwikkeling van 'n maatskappy genaamd Neurowear. Met ‘n interessante voorkoms gebruik die koptelefoon wat die maatskappy noem, 'n elektrosensor wat die draer se breinpatrone skandeer om 'n paslike lied te speel om by 'n persoon se gemoedstoestand aan te pas.

Wanneer saam met 'n slim toestel gebruik word beweer dat die koptelefoon die draer se gemoedstoestand sal opspoor en 'n "neuro tagged" paslike lied uit Neurowear se databasis sal kies en dit speel. Die kante van die oorstukke verlig wanneer die musiek speel en wys selfs simbole aangepas by die draer se gemoedstoestand soos wanneer die gebruiker slaperig, gespanne of hoogs gefokus is.

Tans is die koptelefoon is nog steeds in die prototipefase. Die kopstukke het hul debuut gemaak het by die onlangse ‘South by Southwest’ konferensies en feestelikhede in Austin, Texas. Mico oorfone se uitvinder was optimisties dat hulle in die nabye toekoms op die mark sal verskyn.

HAMNET WES-KAAP AKTIEF BY DIE TWEE OSEANE WEDLOOPN

Hamnet Wes-Kaap was gister betrokke met kommunikasie by die mees skilderagtige wedren in die wêreld, die 2 Oseane Ultramaraton. 19 Operateurs was in die veegvoertuie wat die uitvallers opgetel het, ook in die swerwervoertuie wat die roete patrolleer en op noodoproepe gereageer het en stilstaande voertuie by al die offisiële afsnypunte. Al die mobiele operateurs is gevolg deur GSM Trackers en verskeie APRS-eenhede was gebruik om die toeganklikheid van die roete vir 'n digitale herhaler te toets. Die Gesamentlike Bedryfsentrum by die Tygerberghospitaal se Noodbestuursentrum was ook beman. Twee herhalers en 'n simplekskanaal was gemonitor vir die duurte van die wedloop.

Hamnet sê baie hartlike dank aan al die operateurs wat gister hulle dienste vrywillig aangebied het.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak nog steeds laag gaan wees. Daar is tans vyf sonvlekke sigbaar maar geeneen produseer fakkels nie.

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 42.

Amateurs gaan al die DX-bande van 20 tot 10 m geniet met 20 m wat die beste openinge gaan oplewer terwyl die 15 m net 'n kortkop agter behoort te wees. 10 m openinge gaan smiddae oor dagligpaaie voorkom.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE
18 April – Wêreldamateurradiodag en ZS9DCC op die lug; operateurs benodig, e-pos Geoff na contest@sarl.org.za of skakel hom by 082 546 5546.
20 April-20 Mei – Herdenkingstasie PB33BQ op die lug, besoek pa7da.jouwweb.nl/pb33q vir meer inligting.
26-27 April – SARL Nasionale Konvensie, registreer nou, besonderhede verkrygbaar van on www.sarl.org.za.
15/16 Junie – Eerste naweek van die Internasionale Museumnaweke se geleentheidsnaweke, registreer jou museumsatasie by www.ukradioamateur.co.uk/imw.
22/23 Junie – Tweede naweek van die Internasionale Museumnaweke se geleentheidsnaweke.

SARL-nuus nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans op www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later nie as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan.

Die SARL nooi u om elke Sondagoggend om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-omgewing te luister na “Amateur Radio Today". Daar is herleidings op 7 082, 7 025 en 17 570 kHz en ook 'n podcast deur ZS6RO. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op “Amateur Radio Today", gaan na die groen kolom en klik op 'Listen on the web’. 'n Heruitsending vind op Maandae om 16:30 UTC op 3 230 kHz plaas. Ontvangsrapporte, kommentaar en voorstelle sal waardeer word. Stuur e-pos aan artoday@sarl.org.za.

Sentech voorsien die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

Ons wens al ons luisteraars 'n gelukkige Paasfees en ons Joodse luisteraars gelukkige pasga.

U het geluister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga, met vertalings deur Louis de Bruin, ZS5LP, en saamgestel en geredigeer deur George Honiball, ZS6NE.

Dankie dat u geluister het, 73.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003